Geroosterde varkboud

Hierdie is ‘n staatmaker-resep en een wat jy sal wil neerpen in jou resepteboek. Maklik en met geen fieterjasies, slaag hierdie varkboud-resep keer-op-keer en almal sal smul.

Cut:
Pork Recipes

Ingredients

  • Heel varkboud, ongeveer 2kg
  • ‘n Handvol growwe sout
  • Olyfolie

 

Varkboud is heerlik saam met:

  • Kapokaartappels met heel mosterdkorrels
  • Appelsous of kweperjellie
  • Gebakte aartappels met ertjies en sous

Method

1. Voorverhit die oond tot 180°C
2. Maak seker die varkboud is droog
3. Sny die varkvel elke 2cm met ‘n skerp mes
4. Vryf die hele boud goed in met olyfolie en sout
5. Plaas die boud op gesnyde witwortels of aartappels in ‘n oondpan
6. Rooster die boud soos volg: 30 minute vir elke 500 g + 15 minute
7. Laat rus vir 10 minute
8. Sny die boud in skywe en bedien met enige van ons voorstelle of jou gunsteling bykos