BRAAISOUS
1 Sny enige oortollige vet van die vleisrepe af en maak seker die vel is verwyder.
2 Meng die bestanddele vir die braaisous in ’n kastrol, voeg die varkliesrepe by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die vleis liggies prut (roer af en toe) vir sowat 45 minute of tot sag.
3 Skep die vleis met ’n gaatjieslepel uit die sous en laat dit effens afkoel. Verhoog die hitte en kook die sous met die helfte af.
4 Bedruip die gaar vleisrepe met ’n bietjie olyfolie en braai dit dan in ’n riffelpan totdat dit mooi skroeimerke aan albei kante het*. Bedruip met die afgekookte braaisous tot klewerig, maar moenie dat dit brand nie. Wanneer jy tevrede is met die gaarheid, verwyder die vleis van die hitte, geur na smaak met sout en peper en sit dit dadelik voor met jou gunsteling-bykos. Warm, vars broodrolletjies gesmeer met romerige mayonnaise, koolslaai en kruie is heerlik daarby; so ook gestoomde rys en groente!
Die gaar varkliesrepe kan bros gebraai word oor matige kole of onder ’n voorverhitte element in die oond.
Wenk Klaar gesnyde varkliesrepe word meestal aan die been verkoop. Indien jy dié vingerlek-bederf saam met broodrolletjies voorsit, onthou om die bene te verwyder. Of kyk uit vir ontbeende repies.