VIR DIE SALSA:
Kap die volgende en meng liggies saam vir ‘n vars somerse begeleiding:
1 papaja
1 rooi ui, fyn gekap
‘n Handvol vars koljander, gekap
Sap van 1 lemmetjie
1 Gekerfde brandrissie
Knippie sout en peper
Voorverhit die oond tot 180°C
Voer ’n bakplaat uit met bakpapier om te keer dat die krummels aan die pan kleef
Meng die panko-krummels in ‘n bak met die fyn parmesaan
Sit in ‘n ry langs ‘n bak met die meel en nog ‘n bak met die eiermengsel
Bedek die varktjop met meel (skud die oortollige meel af)
Doop in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel (sorg vir ‘n behoorlike laag krummels)
Herhaal vir elke tjop
Verhit die olie in ‘n groot pan, en verbruin die varktjops oor matige hitte tot goudbruin aan elke kant
Plaas die tjops in die voorbereide oondbak en bak vir 20 minute