1 Klits die eiers, meel en melk saam. Voeg die kruie by en klits tot ’n gladde beslag. Laat staan vir 30 minute. Wenk Gebruik ’n elektriese of staafmenger as jy sukkel om ’n gladde beslag met die hand te verkry. Syg die beslag deur ’n sif om seker te maak daar is geen klonte in nie.
2 Voorverhit die oond. Giet die olie in ’n diep kleefvrye oondpan (37 x 27 cm) en sit dit vir 5 minute in die oond om te verhit.
3 Haal die warm pan versigtig uit die oond en giet die beslag vinnig in die warm olie. Sit die pan terug in die oond en bak vir 25 minute – moenie loer nie! Die yorkshire-poeding sal goudbruin wees en mooi pofferig gerys het.
4 Glip die gaar yorkshire-poeding uit die pan op ’n skoon werkoppervlak en druk dit effens platter met ’n vurk of die agterkant van ’n lepel.
5 Stip jou gunsteling-mosterd oor die oppervlak, rangskik die varkskyfies en smeer die gaar preimengsel bo-oor. Strooi die groente oor en rol die poeding styf op in die lengte.
6 Sit die gevulde rollade voor in dik skywe saam met die bros sooltjie en lekker baie vleissous!
Maak jou eie bros sooltjie
1 Begin met ’n groot stuk varkvel met ’n dun (2 mm) lagie vet. Giet kookwater oor die vel, dreineer en vee droog met kombuispapier. Maak snitte in die vel, 1 cm uitmekaar, sonder om reg deur te sny. Vryf die vel in met sout en sit dit op ’n draadrak met ’n drupbak. Sit dit dan oornag oop in die yskas – die koel lug droog die vel se oppervlak uit en verseker ’n bros resultaat.
2 Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die vel uit die oond, bring tot kamertemperatuur en rooster in die warm oond totdat dit bros en borrelrig is.